|
Informatika
|
Dienste aangebied:
Webblaaie word ontwerp, gepubliseer en bestuur vir professionele en vir maatskappye m.b.v Microsoft Frontpage, Dreamweaver, ColdFusion en JavaScript. Daarna word Web Promosie m.b.v WebPosition Gold uitgevoer om die webblaaie te optimiseer vir al die belangrikste soekenjins o.a. Google, Yahoo, Excite, Altavista, MSN, Lycos ens. om op die eerste blaai te verskyn gedurende 'n ondersoek op die internet. Hiermee kan ons klient se webblaaie maklik deur enige iemand gevind word. Besigheidsbenodigdhede word ook deur ontwikkelaars geanaliseer. Daarna word rekenaarsisteem oplossingsargitekture gedefinieer. 1-,2-,3 en n-reeks argitekture kan geimplementeer word afhangende van die gestabiliseerde benodigdhede van die klient. Tafelrekenaar & Verspreide Rekenaarstoepassings word ontwikkel in die Dot Net en Java omgewings. Toepassings vir Microsoft Access/SQL Server/Oracle databasisse asook programering van DCOM/COM, ASP/JSP en internet toepassings word ontwikkel. Ons programeerders is Microsoft gesertifiseerd.
Kontakteer Ons asseblief vir individuele kwotasies op bogenoemde dienste.
Copyright © 2007 GeoSolutions |