Geologie en Geotegniek
[ Geologie en Geotegniek ] Informatika ] Vertalings ] Kontakteer Ons ]

 

Dienste aangebied:                                          

  • Geotegniese Ondersoeke
  • Konstruksiemateriaal Ondersoeke
  • Rotsmassa Naatopnames
  • Eksplorasie Geologie
Geotegniese Ondersoeke word geneem om grondtoestande en ingenieurs eienskappe van grond en rots in 'n gekiesde area te bepaal, voor die konstruksie van enige strukture in/op genoemde area om geskikte fondasies toe te pas. Verskillende terreinondersoeke word gebruik, insluitend toetsgate, boorgate, DPSH (Dynamic Penetrometer Super Heavy), DMT Veld Rekenaar (Marchetti Dilatometer) en DCP (Dynamic Cone Penetrometer). Versteurde en in-situ grondmonsters word geneem en gestuur na 'n goedgekeurde laboratorium vir toetsing. Grondprofilering ondersoeke is vir die MOZAL projek in Mosambiek uitgevoer gedurende die eerste en tweede fases van konstruksie. Kliek op fotos om te vergroot.

grondprofilering van versteurde monsters  Franki boormasjiene  grondprofilering in-situ

Konstruksiemateriaal Ondersoeke bepaal die geskiktheid van natuurlik- voorkomende grond of rots wat gebruik kan word as 'n konstruksiemateriaal. Die beskikbare hoeveelhede word van veld data,  wat van toetsgate versamel word, uitgewerk, en kwaliteitstoetsing van veldmonsters is gedoen deur 'n goedgekeurde laboratorium. Strookverhoudings word uitgewerk as 'n finale determinant van 'n potensiële steelgat. Vervoerkostes word ook in ag geneem gedurende die vasstelling van die ekonomiese lewensvatbaarheid van die steelgat.

Naatopnames word op oopgemaakte rotsoppervlaktes in uitgrawings, padsnitte en ondergrondse myne  met die  Q-sisteem van Barton gedoen om  moontlike wig-swigtings in die hangmuur te bepaal. Die gebruik van 'n Brunton kompass, maatband en die "Stereonet" rekenaarprogram is al toerusting wat nodig is. Ons spesialiseer in die Suid-Afrikaanse goudmyn bedryf maar projekte is ook oorsee uitgevoer, o.a. in die marmer steengroewe van Carrara, Italie.

Eksplorasie van steenkool, CBM (Coal-Bed-Methane) en aardolie ertsafsettings is gedoen deur middel van boorwerk en geofisiese opnames op land en see. Data versameling met hierdie metodes wys  die teenwoordigheid, omvang, hoeveelheid en kwaliteit van die natuurlike delfstowwe aan. Grondopnames word gedoen om die grondtoestande van die terrein rondom die boormasjiene gedurende boorwerk te bepaal, asook langs die roetes van bestaande of beplande olie pyplyne of telekommunikasiekabels. Verder word die RKW (Rotskwaliteitwaarde)  op soliede boorkern bepaal om 'n kwalitatiewe gevoel van die rotssterkte te kry.

Kontakteer Ons asseblief vir individuele kwotasies op bogenoemde dienste.

 

Copyright © 2007 GeoSolutions